Ons spesialiseer in die verkoop van A Graad Franse Reukwater soortgelyk aan oorspronklike Handelsmerk Parfuums. Ons Reukwater is dalk goedkoper as die Oorspronklike maar net so luuks. Ons Reukwater bevat geen giftige bestandele nie en is gemaak van die hoogste konsentrasie van natuurlike bestandele.
Verder spesialiseer ons in handgemaakte bad en lyf produkte. Elke produk word met sorg gemaak en net die beste kwaliteit bestandele en produkte word gebruik daarvoor.
Ons is van Klerksdorp maar koerier landswyd. Omdat ons alles self maak en u net die beste gehalte produkte wil verskaf neem ons aflewerings tydperk ongeveer 'n week.
Vir enige navrae of "bulk" aankope is u welkom om ons te whatsapp vir meer besonderhede.
Groete.
Laventel Hen
DIREKTEUR / EIENAAR
Laventel Hen het 3 jaar terug begin as 'n droom. Ek het toe gedroom van my eie handelsmerk en selfgemaakte produkte maar nie geweet dat God so 'n droom sal vat en dit vir my sal laat realiseer bo my verwagtinge nie. Op God se tyd, nie my eie nie. Ek hoop my liefde vir God, die natuur, Sy diere, my kreatiwiteit en natuurlik die reuk van laventel weerspieel in elke produk. Aan my man, Jaques, dankie vir al jou geduld, liefde en ondersteuning, jy laat my glo ek kan enige iets doen. My kinders, Jaquie, Charisa en Dieter, julle opgewondenheid en ondersteuning beteken die wereld vir my. My maatjie Lucille, dankie dat ek altyd my mal idees met jou kan deel. Mag elke persoon wat Laventel Hen gebruik, geliefd, spesiaal en omring deur laventel voel.